Wednesday 25 May 2011

Winter reën se heimwee....

Ek wil nou nie laf wees en sê hy het ons bekruip soos 'n dief in die nag nie, maar vandag is hy hier! In al sy glorie. Koud, nat, grou gevul en aangepor deur 'n ysige pool wind wat sekerlik sy plek verloor het.

Ja die winter is hier in Port Elizabeth. En saam met dit die heimwee na vele winters lank reeds vergete. Koue winters, droë winters, ysige winters, kapok winters in die oop Karoo. Die reuk van die anterasiet stofies in die klaskamers as ons buite op die stoepe loop... Oelofse se klas, Coetzee se klas die gevriesde vis dam langs die saal... Die geluid van skoene wat gevriesde grond stukkend trap as ons loop, Die ys op Rossouwstraat se hoek waar ons skaats skaats speel oppad huis toe. Die warmte van sop en brood onder 'n warm kombers en Springbok Radio stories.....

En dis verby, dis die verlede, geskiedenis, tye wat ons lank reeds vergeet het... totdat iemand of iets daai herinering wakker maak.

No comments: