Tuesday 22 June 2010

Oor LEWE en DOODGAAN

 Laasnag, in die kuierkamer, sit ek en my vrou en praat oor lewe, en oor doodgaan.


  
Net om seker te maak dat sy weet hoe ek daaroor voel, neem ek haar hand, kyk haar in die oë en verduidelik ek dit kort en saaklik:
 
 "Skat, moet asseblief nie probeer om my aan die lewe te hou, as ek soos 'n 'vegetable' daar lê, geheel en al afhanklik van masjiene en elektroniese toerusting en vloeistowwe uit bottels nie. Ek vra jou nou, as ek in so 'n toestand is en nie meer vir myself kan besluite neem nie, dan sal ek eerder wil sterf."
 
 Toe staan my vrou van die bank af op, met 'n uitsonderlike uitdrukking van bewondering op haar gesig... en diskonnekteer die TV, die DSTV, die Dish, die DVD, die PC, sy vat my selfoon, die iPod, en die Xbox, en toe gaan sy yskas toe en gooi die brandewyn en die whiskey en al my bier in die wasbak se drein af!
 
  
EK WAS AMPER DOOD... 

No comments: