Wednesday 25 May 2011

Oor goed en goeters.....julle weet mos die "Stuff"

Soos ek nou hier sit en uitkyk oor Donkerbos en hoe die wind speel deur die bome moes ek onwillekeurig dink aan al die "stuff"

Sommige van die goed het ek al bespreek hier maar daar is so baie ander goeters.Goeters en goed waaroor ons geen beheer oor het nie, en dan weer die goed wat binne ons beheer val.

So lui die telefoon vroeƫr vanoggend... Good morning Mr van der Berg... how are you today??? met 'n aksent wat Ixosilingish genoem kan word. Wat staan my te doen, ek kan tog nie jok vir die persoon nie. So ek kom sommer reguit uit met die sak patats. Not well thanks, I have flu and my body ache.. ha gedink dit sal 'n knaldemper plaas op die bemarker...maar ai tog!! No, I'm well thank you Mr van der Berg.. you must take some hot Med-Lemon with a Grand-Pa powder.. it will soon make you feel better... but for only 120 rand I can give you .... nie eers gehakkel of van stryk af nie, hel hulle leer die mense goed deesdae.

So met seer lyf, kloppende hoofpyn, growwe stem en 'n hoesie tussendeur laat ek haar verstaan dat ek nie belangstel in versekering wat nie werklik versekering is nie... sy hoef mos nie te weet dat 120 rand bloedgeld is hier by ons nie. En dit bring my toe tot by die goed en goeters gedagtes.

Ek dink aan ons inry pad, lees Xandre se blog oor (Die vuurpeil langs Donkerbos), aan Kinders wat begin werk vandag en karre wat se wiele moet draai om ons "clan" aan die gang te hou. Aan klein seuntjies wat moet groot word... en aan "Crystal"..
En my hart word seer, baie seer. Daai seer wat jou binne goed ruk en draai.

Jy weet mos, daai goed, daai goed wat jy nie oor kan of wil praat nie, maar daai goed wat jou hele bestaan deurweef... En dan gaan ek op my kniee en ek BID!!! want salig is hulle..... en my hart breek en my gemoed bloei groot druppels bloed deur my wese. Als is gebroke..........

1 comment:

Anonymous said...

I absolutely love your blog.. Very nice colors & theme. Did you build this site yourself?

Please reply back as I'm looking to create my own personal website and would love to know where you got this from or just what the theme is called. Thank you!

my web blog ... Eating habits tips that will aid withinside reducing gynecomastia