Thursday, 26 May 2011

Oor my pyp en twak.....

Kyk, ek weet rook is nie goed nie, en ek weet dat as ek swanger sou raak dit my ongebore baba mag siek maak... Die waarskuwings is orals op, vir almal om te sien. Dit nou uit die weg, hier is die storie van my pyp en my behoud.

Die storie het 'n lang aanloop. Dit begin in Maart 1979 op De Aar. Die lewe is goed, als pas, skool buitemuurs, maats (meisie) Bloemfontein skou

Wednesday, 25 May 2011

Oor goed en goeters.....julle weet mos die "Stuff"

Soos ek nou hier sit en uitkyk oor Donkerbos en hoe die wind speel deur die bome moes ek onwillekeurig dink aan al die "stuff"

Sommige van die goed het ek al bespreek hier maar daar is so baie ander goeters.Goeters en goed waaroor ons geen beheer oor het nie, en dan weer die goed wat binne ons beheer val.

So lui die telefoon vroeër vanoggend... Good morning Mr van der Berg... how are you today??? met 'n aksent wat Ixosilingish genoem kan word. Wat staan my te doen, ek kan tog nie jok vir die persoon nie. So ek kom sommer reguit uit met die sak patats. Not well thanks, I have flu and my body ache.. ha gedink dit sal 'n knaldemper plaas op die bemarker...maar ai tog!! No, I'm well thank you Mr van der Berg.. you must take some hot Med-Lemon with a Grand-Pa powder.. it will soon make you feel better... but for only 120 rand I can give you .... nie eers gehakkel of van stryk af nie, hel hulle leer die mense goed deesdae.

So met seer lyf, kloppende hoofpyn, growwe stem en 'n hoesie tussendeur laat ek haar verstaan dat ek nie belangstel in versekering wat nie werklik versekering is nie... sy hoef mos nie te weet dat 120 rand bloedgeld is hier by ons nie. En dit bring my toe tot by die goed en goeters gedagtes.

Ek dink aan ons inry pad, lees Xandre se blog oor (Die vuurpeil langs Donkerbos), aan Kinders wat begin werk vandag en karre wat se wiele moet draai om ons "clan" aan die gang te hou. Aan klein seuntjies wat moet groot word... en aan "Crystal"..
En my hart word seer, baie seer. Daai seer wat jou binne goed ruk en draai.

Jy weet mos, daai goed, daai goed wat jy nie oor kan of wil praat nie, maar daai goed wat jou hele bestaan deurweef... En dan gaan ek op my kniee en ek BID!!! want salig is hulle..... en my hart breek en my gemoed bloei groot druppels bloed deur my wese. Als is gebroke..........

Winter reën se heimwee....

Ek wil nou nie laf wees en sê hy het ons bekruip soos 'n dief in die nag nie, maar vandag is hy hier! In al sy glorie. Koud, nat, grou gevul en aangepor deur 'n ysige pool wind wat sekerlik sy plek verloor het.

Ja die winter is hier in Port Elizabeth. En saam met dit die heimwee na vele winters lank reeds vergete. Koue winters, droë winters, ysige winters, kapok winters in die oop Karoo. Die reuk van die anterasiet stofies in die klaskamers as ons buite op die stoepe loop... Oelofse se klas, Coetzee se klas die gevriesde vis dam langs die saal... Die geluid van skoene wat gevriesde grond stukkend trap as ons loop, Die ys op Rossouwstraat se hoek waar ons skaats skaats speel oppad huis toe. Die warmte van sop en brood onder 'n warm kombers en Springbok Radio stories.....

En dis verby, dis die verlede, geskiedenis, tye wat ons lank reeds vergeet het... totdat iemand of iets daai herinering wakker maak.